Skip to content

Voortgesette kwellings oor zep-permitte

Hortgro wil graag produsente herinner dat die amptelike besluit steeds geld dat Zimbabwiese-werkers, wat sonder permitte is of permitte het wat verval het,  teen 30 Junie 2023 die land sal moet verlaat.

Produsente moet asseblief proaktief en deurlopend poog om werkers se permitte te hernu, verifieer en/of by die onderskeie kantore van die Departement van Binnelandse Sake (DBS)afsprake te kry en in gesprek te tree. Ons weet dit is ’n frustrerende proses en ’n reuse uitdaging, veral omdat sommige kantore beter toegerus is om te help as ander.

In die verband, kyk gerus na die DBS webwerf: Zimbabwean Exemption Permit Visa Information In South Africa – Home Page (vfsglobal.com)

Intussen, is die nasionale georganiseerde landbou strukture weer gevra om die kwessie met die DBS op te neem, asook met die Departement van Werkskepping en Arbeid (spesifiek die arbeids-inspekteurs) om uitsluitsel te kry oor wat gedoen kan word/moet word om dokumente betyds te hernu/verifieer – nie net Zim-werkers nie, maar alle buitelandse-werkers.

As landbou doen ons ook weereens ’n beroep op die regering om praktiese reëlings en die nodige kapasiteit in plek te sit sodat billike en menswaardige optrede moontlik  is, sou buitelandse werkers teen 30 Junie 2023, sonder ’n geldige permit, wel nog hier woon en/of tydens ’n inspeksie-besoek uitgewys word.

Kyk gerus ook na ’n insetsel oor die kwessie wat in Desember 2022 op Prontuit/kykNET uitgesaai is.  Zimbabwiese werkers – Prontuit | 06 Desember 2022 | kykNET – YouTube

 

Back To Top