Skip to content
Hortgro News EGVV Young Leaders

Jong leiers in Elginvallei – James Hutton-Squire en Danie du Plessis

Deur Anna Mouton

Twee deelnemers aan die eerste Hortgro bedryfleierskapprogram gesels oor hulle besoek aan die VSA en hoekom Suid-Afrika die beste boere het. Hortgro het die bedryfleierskapprogram in 2022 geloods om jong mense in die sagtevrugtebedryf as toekomstige bedryfsleiers te help toerus deur hulle aan bedryfstrukture en -programme bloot te stel. Danie du Plessis en James Hutton-Squire het die eerste rondte van die program in 2023 voltooi. Hulle is toevallig bestuurders van aangrensende kernvrugproduksie-eenhede in Elgin – Du Plessis by Habibi en Hutton-Squire by Hutton-Squire Farms.

Hutton-Squire het in Kaapstad grootgeword. Hy het Bewaringsekologie in die Fakulteit AgriWetenskappe aan Universiteit Stellenbosch studeer waarna hy sy MSc op voedselbronne vir heuningbye in die landboukonteks voltooi het. Hy het van 2014–2017 as ’n tegnikus vir Tesco in die Verenigde Koninkryk (VK) gewerk en toe na Suid-Afrika teruggekeer om vir sy oom die eenheid by Hutton-Squire Farms te bestuur.

Du Plessis is in Oranjemund gebore en het elke oomblik wat hy kon op sy oupa se druiweplaas in Kakamas deurgebring. Hy het Landboubestuur en -voorligting by CPUT studeer en sy finale praktiese jaar in 2002 op ’n tafeldruifplaas in Wellington spandeer. Daarna het hy onder andere op ’n kernvrugeenheid in die Langkloof en ’n steenvrugeenheid in Wolseley gewerk voordat hy in 2017 by Habibi Farming aangesluit het. Beide jong leiers het die VSA as deel van die Hortgro bedryfleierskapprogram besoek. Maar dit is nie al wat hulle in gemeen het nie. Nie Du Plessis of Hutton-Squire het op ’n plaas grootgeword nie maar het nietemin van hul skooldae af geweet dat landbou dié beroep vir hulle is.

V. Wat het jou na landbou aangetrek?

Du Plessis: My oupa was een van die eerste mense wat tafeldruiwe aan die noordekant van die Oranjerivier gevestig het. Daar was twee goed omtrent landbou wat my gefassineer en wat by my vasgesteek het. Een was ’n koerantberig oor my oupa – hy was ook Danie du Plessis. Die titel was Katoenkonings van die Benede. Hulle het op hul plaas gediversifiseer en baie goed gedoen in ’n area van meestal wyn- en tafeldruiwe. Dit het my laat vrae vra. En die ander ding is die Oom Sarel perske – Oom Sarel was my oupagrootjie. My pa en my oupagrootjie is beide Sarel du Plessis. So dit het alles daartoe gelei dat ek nooit aan iets anderste as landbou gedink het nie. Dit was in my bloed. My skoene moes die heeltyd vol stof wees en al waaraan ek kon dink was boer.

Q. How would you define a modern farmer?

Hutton-Squire: In South Africa, the opinion remains that a farmer sits on his stoep, drinks coffee, and looks out across his farm. But a farmer today must have various capabilities such as project management: developing new orchards, building bridges and dams, and installing power lines and irrigation infrastructure. I’ve built two irrigation dams and run numerous development projects — it’s part of the modern farmer’s job. A farmer also does an enormous amount of HR. We rely on our staff and half our time is taken up with managing people to get the best out of everyone. Farming is a balancing act with technical farming being one aspect of the bigger picture. In our organisation, we’ve identified partners for technical advice and services like crop protection or nursery trees. Our role as senior management is to manage the whole entity as one.

V. Sou jy landbou as ’n loopbaan aanbeveel?

Du Plessis: Boerdery is nie maklik nie. Jy is baie afhanklik van die natuur en dit raak net meer uitdagend soos aardverwarming toeneem. Iemand wat landbou wil studeer moet uit-en-uit ’n passie daarvoor hê, aanpasbaar wees en buite die boks kan dink, maar die satisfaksie van ’n suksesvolle oes en seisoen maak alles die moeite werd! My seuntjie het nou die dag gesê hy wil ook eendag boer. My antwoord was dat ek nie kan sê jy gaan definitief boer nie maar ek dink jy gaan verseker êrens in die landbousektor betrokke wees – daar is baie opsies om van te kies.

Q. What can you share about your US trip?

Hutton-Squire: One of the pack houses and marketing entities we visited was CMI Orchards in Wenatchee [Washington State]. They have partnered with one of their growers who practices regenerative agriculture to offset their carbon emissions. This is just one example of the forward-thinking strategies some US growers are implementing. We also visited several previously family-owned fruit entities that were bought out by venture capitalists in recent years. It is an indication of where large-scale commercial agriculture is going in the US and the value these big New York-based venture capitalists place on fruit production. It was eye-opening to see the scale of the farming companies. Some of the bigger organisations are enormous in comparison to our South African fruit farms. The US seemingly has fewer challenges with water and electricity and much better growing conditions for pome fruit than we do. What they also have is a national shortage of labour, making the available labour hugely expensive.

V. Hoe vergelyk ons Suid-Afrikaanse produsente met dié in die VSA?

Du Plessis: Iets wat ek opgemerk het is dat die Amerikaners bitterlik goeie grond het, en water en elektrisiteit is nie ’n probleem nie. Maar as ons kyk na wat ons hier het en mee werk voel dit vir my ons is in sekere opsigte beter vrugteboere as hulle. Die feit dat ons nie eintlik ’n binnelandse mark het nie beteken dat ons moet fokus daarop om maksimum Klas 1-vrugte te produseer. In Amerika is dit andersom. Slegs omtrent 20% van Amerika se 250 miljoen 18-kg-kartonne word uitgevoer en dit meestal na Kanada en Meksiko wat hulle bure is. Ons moet egter soveel vrugte as moontlik op die skip kry en oorsee vat, so ons moet op ons voete dink en innoverend bly – nuwe opleistelsels en onderstamme probeer en ons klimaat en peste en plae bestuur.

Q. How do you view Hortgro after your US visit?

Hutton-Squire: When you’re a grower in the States and to a certain extent in the UK, Australia or New Zealand, your government structures are in place, and you can rely on them to get your product out the door. You can run your irrigation pumps because there isn’t load-shedding, and you have state-funded research facilities. That is not the reality for South African growers. So, we have a body like Hortgro to fill the gaps. And we must fund it, but it keeps us relevant and in the game — we do that collectively. The Hortgro leadership programme was fantastic for understanding the importance of agricultural industry bodies generally and specifically Hortgro for the pome-fruit industry. Hortgro is irreplaceable — you can’t think that our industry will thrive without it. Hortgro is a collaboration. As an industry, we’re not entirely in competition with one another. We must support one another, and we must continue supporting Hortgro to keep Hortgro sustainable.

V. Wat het jy uit die Hortgro bedryfleierskapprogram geleer?

Du Plessis: Hortgro en hulle mense is uit-en-uit die hart van die kernvrugbedryf. Jy kan nie dit wat hulle agter die skerms vir ons appel- en peerboere doen, verstaan as jy nie aan die program deelgeneem het nie. Die program wys wat Hortgro alles vir produsente doen: projekte vir nuwe opkomende boere, kommunikasie en druk om hawens te verbeter, byhou van lyste van toelaatbare chemiese produkte, verskaffing van skoon kwekerymateriaal, en – die belangrikste van alles – toegang tot nuwe markte. So indien jy die geleentheid kry om aan die program deel te neem, moet jy, want dan sal jy ervaar waaroor landbou eintlik gaan.

Onderskrif: James Hutton-Squire (links) en Danie du Plessis – twee jong leierboere van die Elginvallei. (Foto: Anna Mouton)

Back To Top