AGRI’S GOT TALENT 2022 WINNER – JASMINE BONES
Jasmine Bones, an orchardist from Witzenberg Properties, Ceres, dreamed of touching people’s lives and hearts with music. Last night at the Agri’s Got Talent grand finale, held at Goudini, she managed to achieve just that when she became the ninth winner of this unique singing competition. Bones, who is responsible for the orchard architecture and pruning at Dennekruin Farm where she lives, gave the performance of her life with River Deep Mountain High and It’s all coming back to me now. She said that her love for music comes from her grandmother, who when she was a little girl, often picked her up and while carrying her, walked around the farm, singing, and playing her guitar.“My whole family loves music, we are a family of musicians and singers.”
Bones said that all music touches the soul; and although she loves ballades, her heart belongs to gospel.
Raymond Swartz, Haygrove Growing Systems, Grabouw, came second. The third place went to Gerthroline Philander, Duo Fruit, Nonna, Worcester. Both Swartz and Philander have a history with Agri’s Got Talent. Last year’s winner, Faith Nogemane, is Swartz’s sister and Philander’s sister, Magdaleen, was the AGT runner-up in 2019. Agri Western Cape sponsored the prize money won by the Top 3.
Drovigas Goshai, Marlenique Packhouse, Simondium, won the Afrikaanse Taalraad’s special award for the best singer in an indigenous language. He had the crowd dancing in the aisles with his rendition of Lemoene.
Last night’s extravaganza was the first live show since 2019, with the 2020 and 2021 finals being broadcasted digitally. Over the past two years, the South African agriculture industry remained resilient during a time of deep uncertainty. Agri’s Got Talent celebrates agriculture as a sector as well as our agricultural workers ― who stayed strong during this challenging time.
Agri’s Got Talent is more than just a singing competition. It is a social development programme for agricultural workers. The programme is a joint venture between Hortgro, the Citrus Growers’ Association, Vinpro, SATI (South African Table Grape Industry) and the Western Cape Department of Agriculture.
Agri’s Got Talent is open to all South African farm workers in the deciduous fruit, citrus and wine industries. The top 10 received voice and media training during a training week before the grand finale. During this week they got make-overs, including new clothes and self-care packages. The finalists also took part in self-development workshops hosted by Procare, aimed at developing soft skills, like efficient communication, conflict-management and financial management.
Watch the full show on Youtube.
Join the AGT family on social media: Facebook
For more information, contact Thea van Zyl at info@agrisgottalent.co.za or 083 642 5342 for more
information.
JASMINE BONES WEN AGRI’S GOT TALENT 2022
Jasmine Bones, ‘n jongboomwerker van Witzenberg Properties, Ceres, het daarvan gedroom om mense se lewens en harte met musiek aan te raak. Gisteraand by die Agri’s Got Talent grand finale, wat by Goudini gehou is, het sy dit reggekry toe sy die negende wenner van dié unieke sangkompetisie geword het. Bones, wat verantwoordelik is vir die boordargitektuur en snoei by Dennekruin waar sy woon, het die saal se dak gelig met haar weergawes van River deep mountain high en It’s all coming back to me now. Sy sê haar liefde vir musiek kom van haar ouma, wat toe sy ‘n klein dogtertjie was, haar gereeld opgetel en terwyl sy haar gedra het, kitaar gespeel en gesing het, terwyl hulle op die plaas rondloop. “My hele familie is mal oor musiek, ons is ‘n familie van musikante en sangers.”
Bones het gesê dat alle musiek die siel raak en hoewel sy van ballades hou, behoort haar hart aan gospel.
Raymond Swartz, Haygrove Growing Systems, Grabouw, het tweede gekom. Die derde plek het gegaan aan Gerthroline Philander, Duo Fruit, Nonna, Worcester. Beide Swartz en Philander het ‘n geskiedenis met Agri’s Got Talent. Verlede jaar se wenner, Faith Nogemane, is Swartz se suster en Philander se suster, Magdaleen, was in 2019 die AGT-naaswenner. Agri Wes-Kaap het die prysgelde vir die Top 3 geborg.
Drovigas Goshai, Marlenique Pakhuis, Simondium, het die Afrikaanse Taalraad se spesiale toekenning vir die beste sanger in ‘n inheemse taal gewen. Hy het die skare in die gange laat dans met sy vertolking van Lemoene.
Gisteraand se extravaganza was die eerste konsert sedert 2019, met die 2020- en 2021-eindrondes wat digitaal uitgesaai is. Oor die afgelope twee jaar het die Suid-Afrikaanse landboubedryf veerkragtig gebly in ‘n tyd van diepe onsekerheid. Agri’s Got Talent vier landbou as ‘n sektor sowel as landbouwerkers ― wat sterk gebly het gedurende die Covid-uitdagings.
Agri’s Got Talent is meer as net ‘n sangkompetisie, maar ‘n maatskaplike ontwikkelingsprogram vir landbouwerkers. Die program is ‘n gesamentlike onderneming tussen Hortgro, die Sitrusprodusentevereniging, Vinpro, SATI (Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf) en die Wes-Kaapse Departement van Landbou.
Die finaliste het almal stem-, verhoog- en media-opleiding ontvang. Hulle het ook ’n sessie met ‘n voorkomskonsultant gehad, wat nuwe klere en selfversorgingspakkette ingesluit het. Daarbenewens het Procare ‘n reeks selfontwikkelingswerkswinkels gehou wat ten doel het om finaliste se selfvertroue te ontwikkel, hulle te leer om beter te kommunikeer en met konflik om te gaan, asook hoe om geld te bestuur. Hierdie vaardighede is nie net van waarde vir dié wat potensiële musiekloopbane oorweeg nie, maar ook in die werkskonteks.
Kyk die volledige program op Youtube.
Word deel van die AGT-familie op sosiale media: Facebook.
Vir navrae, kontak Thea van Zyl by info@agrisgottalent.co.za of 083 642 5342
The Agri’s Got Talent 2022 winner, Jasmine Bones in action on stage.
Agri’s Got Talent 2022 wenner, Jasmine Bones in aksie op die verhoog.
The top three, from left Raymond Swartz (second), Jasmine Bones (winner), and Gerthroline Philander
(third).
Die top drie sangers vir 2022, van links Raymond Swartz (tweede), Jasmine Bones (wenner) en
Gerthroline Philander (derde plek).
Dr Hendrik Theys vice-chairman of the Afrikaans Language Council, hands over the trophy for the best singer in an indigenous language to Drovigas Goshai.
Dr. Hendrik Theys, ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, oorhandig die spesiale toekenning aan die best sanger in ‘n inheemse taal aan Drovigas Goshai.
Dr Ivan Meyer, Western Cape Minister of Agriculture with the AGT 2022 winner, Jasmine Bones.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Landbou by die AGT 2022-wenner, Jasmine Bones.