Skip to content
Johnny Karolus2

Johnny Karolus 2022 Wes-Kaapse Nuwe Toetreder van die Jaar

Johnny Karolus sagtevrugteboer van die plaas Disselfontein, is vanjaar die SA Landbouskrywers se Wes-Kaapse Nuwe Toetreder van die Jaar 2022.

Alhoewel  Karolus die landgoedbestuurder van Eyethu Intaba (bemagtigingsprojek van Donkerbos Landgoed) is, gee die term “Nuwe Toetreder” nie heeltemal erkenning aan hierdie uiters vaardige en bekwame bestuurder en aandeelhouer nie.

Johnny Karolus

                                                      Johnny Karolus en sy eggenoot tydens die glansgeleentheid.

Karolus is uit eie reg een van die beste kernvrugte produksiebestuurders in die sagtevrugtebedryf. Hy neem verantwoordelikheid vir alle dag tot dag bestuursbesluite van die plaas Disselfontein; ingesluit produksie- en arbeidsbeplanning.

Hy is ook verantwoordelik vir die opstel en bestuur van die begroting ten opsigte van die appel- en peer-afdelings. Verder is Johnny ook verantwoordelik vir sy weeklikse beplannings asook die opstel van sy jaarlikse produksiedoelwitte. Dit sluit in kwaliteit en kwantiteit doelwitte per kultivar per blok. Hierdie produksiedoelwitte word jaarliks gemeet. Ingesluit is verskeie gepubliseerde artikels ten opsigte van hierdie merkwaardige kandidaat.

  • In 2012 koop Donkerbos Landgoed die plaas Disselfontein met 72 hektaar vrugte.
  • In die eerste jaar word alle nie-winsgewende blokke uitgetrek en bly slegs 28 hektaar hoë potensiaal kultivars oor.
  • Nuwe boorde word gevestig en vandag spog hulle met 83 hektaar appels en 20 hektaar pere.
  • Hulle plant ongeveer 60 hektaar kommersiële uie en produseer gedurende die wintermaande ook 26 hektaar uieplantjies volgens ’n streng wisselbou-skedule.
  • Hierdie uieplantjies bied aan Disselfontein en hul kommersiële vennoot die voordeel om selfvoorsienend te wees, kostes te bespaar en ook om op ’n meer volhoubare wyse aan hul werknemers werk te verskaf.

 

Back To Top