Hortgro Toekennings 2024 | Hortgro Awards 2024
Die gesogte Hortgro-toekennings ter ere van uitskieters en staatmakers in die sagtevrugtebedryf is vanjaar op 31 Mei by die Lord Charles-hotel, in Somerset-Wes, gehou. Dit is die tweede keer dat Hortgro die toekenningsfunksie in ’n nuwe formaat, met die fokus op die kern- en steenvrugbedrywe, hou. Dié toekennings se wortels strek terug na 1972 toe die Kaapse Pomologie Vereniging bedryfsleiers vereer het. Vanjaar se uithaler-funksie is geborg deur Hortgro, First National Bank en Corteva.
Hortgro se uitvoerende direkteur, Anton Rabe, sê dat die landbou sektor geneig is om nie voldoende erkenning te gee aan mense wat oor tyd die sektor en onderskeie bedrywe dien nie. “Hortgro probeer met die toekennings, waarvan sommige nou al ’n lang geskiedenis het en gesogte toekennings geword het, uitnemendheid en onbaatsugtige diens aan die kern- en steenvrugbedrywe erken.
“Die ontvangers van vanjaar se verskillende toekennings dra by tot ’n reeds indrukwekkende lys van individue wat hul merk in landbou gemaak het.”
Die wenners in die verskillende kategorieë was: · Izithelo Media Toekenning: Francois Williams, Die Burger · Daan Strydom Navorsing en Tegniese Toekenning: Dr. Stephanie Midgley · Hortgro Transformasie Toekenning: Witzenberg PALS · Hortgro Voorsitterstoekenning: Johan Hopkins · 1662 Bedryfstoekenning: Dora Ndaba · O.S.H. Reinecke Bedryfsleier Toekenning 2024: Pieter du Toit |
Vir meer inligting oor die toekennings en al die pryswenners, kliek hier:Hortgro Toekennings 2024_Finaal
Please find more information about the winners and the Hortgro Awards 2024 here: Hortgro Awards 2024 _FINAL