Skip to content
Francoiswilliams Williamgumede 2

Hortgro Izithelo Media Toekenning: Francois Williams

Francois Williams van die Kaapse dagblad, Die Burger se sake-redaksie, het die media toekenning gekry vir sy beriggewing die afgelope jaar oor die krisis by die Kaapstad-hawe, asook ander logistieke probleme wat die sagtevrugtebedryf geraak het. Francois se beriggewing was ’n toonbeeld van hoogstaande joernalistiek; gebalanseerd, onpartydig, kreatief, feitelik korrek, en dinamies. Francois kry dit reg om deurlopend nuwe perspektiewe en storie-hoeke van alle rolspelers te dek, sonder om sensasie na te jaag. In ’n wêreld wat verswelg word met foutiewe beriggewing en verlaagde media-etiek, is Francois se werk ’n baken van hoop en ‘n voorbeeld vir ander joernaliste en bewys weereens die belangrike rol wat die media speel om alle rolspelers tot verantwoording te roep en die publiek ingelig hou.

Francois se prys is oorhandig deur prof. William Gumede.

Back To Top