Hortgro Voorsitterstoekenning: Johan Hopkins
Nadat hy sy graad in sosiale wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, werk Johan in Stellenbosch se landbougemeenskappe, onder andere as personeelbestuurder op verskeie primêre plase en daarna as Groepbestuurder Menslike Hulpbronne by Unifruco (nou Capespan). In 2001 stig hy sy eie maatskappy waar hy steeds die besturende direkteur is.
Gedurende sy loopbaan het hy onder andere spesiale vermelding van die destydse Kaapse Pomologie Vereniging ontvang vir sy bydrae tot hul menslike hulpbron program, is as genoot benoem deur die Instituut vir Personeelbestuur waar hy op die dagbestuur gedien het, en was ook ’n stigterslid van die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie waar hy ook vir vyf jaar die hoof uitvoerende beampte was. Hy het op verskeie komitees gedien, insluitend die Afrikaanse Handelsinstituut en Agri SA se menslike hulpbronkomitee.
Johan het ’n leeftyd in die Landbou spandeer. Veral in die sagtevrugte- en wynbedryf. Sy spesialis kennis van menslike hulpbronne bestuur het oor ’n leeftyd `n groot rol gespeel om gesonde verhoudinge tussen werkgewer en werknemer te bewerkstellig.
Johan se kennis en begrip vir die mens binne die landbou omgewing, toon ook die liefde wat hy vir hierdie onderwerp het. Sy diepgaande kennis van landbou-arbeidskwessies maak hom ‘n steunpilaar vir die bedryf. Johan Hopkins verdien die Voorsitterstoekenning vir 2024 vir ‘n leeftyd van toewyding aan die sagtevrugtebedryf.