Skip to content
Gieliebester

Hortgro 1662 Bedryfstoekenning 2026 | Gielie Bester

This content is Copyright protected. Please see Hortgro’s Information Disclaimer.

An award that recognises any individual who has made an exceptional impact on the industry in any sphere, including but not limited to economics, transformation, training, governance, value chain, export/marketing, and trade relations.

Winner: Gielie Bester

Motivering: Michiel Bester, beter bekend as Gielie, is ‘n inspirende veteraan van die Suid Afrikaanse Steenvrugtebedryf. Na sy matriek aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville, het hy sy Landbou Diploma aan Elsenburg Landboukollege buite Stellenbosch in 1973 verwerf.

Hy het sy loopbaan as tegniese beampte vir steenvrugte by die Sagtevrugteraad begin. Daarna as tegniese bestuurder, steenvrugte, by Unifruco en later as tegniese bestuurder, steenvrugte, by Capespan. Nadat Capespan die steenvrugeenheid toegemaak het, het Gielie en van sy kollegas na In2Stone beweeg waar hy sy werk, tans as consultant, voortgesit het.

Bekend as meneer steenvrugte, het hy oor die afgelope vyf dekades diep spore in die steenvrugtebedryf getrap. Die steenvrugbedryf is die kleinste van die sagtevrugtebedrywe en soms as die stiefkind bekend veral omdat dit so ‘n uitdagende en moeilike bedryf is.

Sy jarelange bydrae tot die steenvrugbedryf spreek opsigself boekdele. Gielie het ‘n passie en toewyding vir die steenvrugbedryf en het oor die jare nooit erkenning gesoek nie. Hy was nog altyd nederig soos die steenvrugbedryf. Die meeste van die steenvrugprodusente het al van sy kundigheid en ondervinding gebruik gemaak. Gielie is tans een van die langsdienende en lojale mense in die Sagtevrugtebedryf. Die afgelope paar dekades het hy ook op verskeie strukture van die Sagtevrugtebedryf en Hortgro naamlik  SASPA, Hortgro Stone Produsenteraad, Culdevco advieskomitee, ens. gedien waarvan hy op sommige nog steeds dien en waardevolle bydraes maak.

Ek ken vir Gielie vir bykans 35 jaar en was vir 15 jaar sy kollega en deel van sy span. Gielie het ‘n besondere manier om met produsente te werk en sy kundigheid en kennis oor te dra. Hy het ‘n gawe as onderwyser en mentor en kan op ‘n unieke en verstaanbare manier die natuur se nuanses oordra vanaf plaaswerker tot bestuurder, eienaar en koper van die produk. Gielie se entoesiasme en uitgereide kennis van sy produk het hom oor die jare ‘n gewilde spreker op tegniese dae gemaak.

Hy is altyd eerlik en wetenskaplik gerig en deel graag sy kennis. Hy omring hom altyd met mense wat hy vertou en vra hulle opinie indien hy will seker maak van ‘n onderwerp of navraag waarvan hy nie al die kennis het nie. Sedert 1973 was hy betrokke by voor-oes en na-oes praktyke wat die steenvrugtebedryf van baie klein tot vandag ‘n groot speler in wêreldmarkte help bou het.

Gielie het ‘n baie groot belangstelling in voëls en het ‘n fyn waarnemingsvermoë. Hy word beskou as een van die top voëlkenners en kykers in Suidelike Afrika.

Back To Top
error: Content is protected !!