Sagtevrugtebedryf bekommerd oor gespanne Oos-Europese situasie
Die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryfsorganisasie, Hortgro, hou die gespanne situasie in Oos-Europa fyn dop. Die bedryf neem kennis van die opskorting van finansiële dienste (SWIFT), asook wêreldwye ekonomiese sanksies wat teen Rusland ingestel is gegewe dat dit bepaalde logistieke en betalings risiko’s vir die bedryf inhou.
Die sagtevrugtebedryf voer jaarliks ongeveer 5,5 miljoen kartonne vrugte na Rusland uit. Veral die uitvoere van pere het die afgelope paar jaar merkbaar toegeneem en is tans op risiko. Rusland het in die 2021-seisoen sowat 21% van Suid-Afrikaanse pere ontvang.
Steenvrugte het ook die afgelope paar jaar goed begin doen in die Russiese mark, met pruim uitvoere (2022-sesioen jaar tot datum) wat 47% hoër (YTD) is in vergeleke met die vorige seisoen. Hortgro is veral bekommerd oor ‘n moontlike oorspoel effek op ander markte indien die geoormerkte vrugte vir Rusland, wat ’n bepaalde spesifikasie vir die mark het, elders absorbeer moet word.
Gegewe die wêreldwye stygings in produksie-insetkoste, logistieke kostes en internasionale druk op verskeping, die beskikbaarheid van vraghouers en die impak van Covid-19, kon die oorlog in die Oekraïene nie op ‘n slegter tyd gekom het nie.
Die bedryf hoop dat diplomasie sal seëvier.
Vir meer inligting kontak: Anton Rabe – anton@hortgro.co.za
DOWNLOAD ENGLISH VERSION: Hortgro_Eastern Europe_press statement_Eng_Afr_28 Feb 2022