
VERVOERBEDRYF TREK SWAAR WEENS HAWE
Deur Elise-Marie Steenkamp
Dit is niks vreemds om meer as ’n duisend trokke te sien wat kilometers lank toustaan om goedere af te laai by die Kaapstad-hawe nie. Vroeër tydens die besigste tyd van die vrugte-uitvoerseisoen het uitvoerders gekla oor die nuwe hektoegangstelsel wat tot die opeenhopings lei.
Volgens Transnet is die hoofredes vir hierdie opeenhoping gewoonlik swak weersomstandighede of foutiewe toerusting.
Maar dit is juis hierdie “geykte deuntjie” wat Dickie Webb moedeloos maak en hom laat oorweeg om na veertig jaar sy deure te sluit. Webb, uitvoerende direkteur van La Grange Vervoer, is sedert 1985 in die bedryf.
La Grange Vervoer verskaf werk aan meer as ’n honderd mense en vervoer hoofsaaklik vars uitvoervrugte vanuit die Witzenberg-gebied na die Kaapstad-hawe. Ceres Fruit Growers is een van sy groot kliënte. “Almal weet die probleem is swak bestuur en dienslewering – veral die drie laaste jaar. Dit breek ons,” sê Webb.
Volgens Webb lyk dit asof die Kaapstad-hawe se bestuur nie verstaan dat vars produkte, veral vrugte, sensitiewe produkte is, waarvan die koue-ketting nie gebreek kan word nie. Hy beskryf die houding van hawe personeel as ongeïnteresseerd en onproduktief. “Ek sê dit, want as die hawe windbound is, dan hou almal op werk. Selfs die tannie wat uitvee sit haar besem neer. Niemand dink daaraan om in die tyd dalk na instandhouding te kyk of ander planne te maak nie.”
Die Navis aanlynbesprekingstelsel wat in 2021 dinge meer vaartbelyn sou maak, is volgens Webb deel van die probleem.
“Ons begin vier uur in die oggend reeds vrugte laai, dan moet daardie vrugte aanhoudend verkoel word. Die Navis-besprekingstelsel maak eers sewe uur oop en jy moet maar die vroegste moontlike gleuf vat. Soms moet jy vier tot vyf ure wag voordat jy ’n besprekingsnommer het. Intussen brand jy diesel om die vrugte koel te hou. Ons laai in Ceres, ek kan nie trokke laat ry voordat ek nie bevestiging het van ’n tydgleuf nie. As jy te vroeg by die hawe aankom word jy gepenaliseer. As jy een minuut laat is, verloor jy jou gleuf. Meermale kom die bestuurders daar aan en moet weens ’n oponthoud vir ure in ’n ry staan. Die bestuurder kan nie die trok alleen laat nie. Trokdrywers sit soms onmenslike aantal ure in toue en wag, sonder ablusie, kos en water.”
Volgens Webb het hulle deesdae geen ander keuse as om ’n bussie te stuur en bestuurders af te los nie. Vragmotorbestuurders mag volgens wet net 30 uur oortyd werk per maand. “Dit is alles ekstra koste vir ons rekening. Die moraal van ons bestuurders is ook laag en hulle soek eerder ander werk. Ek blameer hulle nie.”
Webb meen die Kaapstad-hawe is ’n nasionale bate, maar hy voorspel dat dit ten gronde sal gaan as dinge aanhou soos nou. “Die regering moet ingryp want die uitkringeffek van die swak dienslewering kos die Suid-Afrikaanse ekonomie miljarde rande. Die impak op ons as vervoerbedryf kring uit na die uitvoerders, die pakhuise, die boere en hulle werkers.” Hy benadruk ook dat dit nie net die landbou waardeketting is wat swaarkry nie, maar alle bedrywe wat afhanklik is van in- en uitvoere.
Die Kaapse Kamer van Koophandel het al etlike kere die afgelope jare hul kommer oor swak dienslewering by die hawe uitgespreek. Veral omdat dit elke jaar tydens die piek uitvoermaande van die sagtevrugtebedryf (Desember tot April) die slegste gaan. Die uitvoer van vrugte in die maande hang nou saam met die winter in Europa wanneer verbruikers honger is vir Suid-Afrikaanse vrugte. Vertragings in uitvoere het ’n impak op die kwaliteit van die vrugte en bevoordeel vrugteuitvoer opponente van ander Suidelike Halfrond lande. Die hele Suid-Afrika verloor want die impak op die ekonomie is enorm en duisende mense kan hul werk verloor.
By Kyra-Kay Rensburg
Zarina Moosa, the Director of Platinum Business Holdings, sent a mandate on behalf of Moosa Group, a leading transporter in Cape Town, to Transnet and provincial leaders informing them of the serious impact Transnet’s service failures and poor infrastructure is having on the transport industry. Hortgro spoke to Zarina Moosa regarding the matter.
The Moosa Groups mandate highlights four points of concern that require action:
- Poor and insufficient resources such as machinery
- Lack of transparency and communication by Transnet
- Poor infrastructure for transporters/reporting processes for trucks and truckdrivers regarding incidents
- Wasted time (and money) – non recovery by transporter
“The inefficiencies are specifically around the congestion that’s currently being experienced due to poor infrastructure with regards to broken equipment […] the biggest issues also around the cost that’s being levied against a transporter,” says Moosa.
An additional infrastructural failure contributing to the congestion is that all trucks enter through a single entry point. “If you drive down Marine Drive, you’ll see what it looks like when the port is congested. There is very poor communication around it, you call the call centre, you call the port manager, you call the planning manager, and you don’t get any feedback from them,” explains Moosa.
Transnet has since responded to the Moosa Groups mandate and has agreed to meet with stakeholders to discuss possible solutions to the challenges that are being experienced.