Skip to content
IMG 7500

Hortgro Cherries ZA | Algemene Jaarvergadering: Blink toekoms maar ook uitdagings

Kersie aanplantings het die afgelope vyf jaar met 54% toegeneem. Dit ten spyt, bly Suid-Afrikaners swak kersie eters, met die gemiddelde persoon wat slegs 18 gram kersies per jaar eet.

Hierdie en ander interessante feite, is verlede week by die algemene jaarvergadering wat op Ceres in die Wes-Kaap gehou is, gedeel. Nina Viljoen, Hortgro landbou-ekonoom het gesê dat daar in 2022/23, 34 produsente op 45 plaasentiteite was wat kersies verbounhet. “Die totale kersie-hektare het in die tyd 723 beloop, terwyl die gemiddelde kersieplaas ongeveer 15 hektaar was. Vir 2022/23 het sowat 53% van kersies op die plaaslike mark beland, terwyl 45% uitgevoer is. Die res is geprosesseer.”

Hoewel kersies jare lank met die Vrystaat geassosieer is, word ongeveer 73% van kersies in die Wes-Kaap verbou.  Daar is tans 76 verskillende kersie variëteite wat verbou word, met Royal Hazel (15%) wat die voortou neem as grootste kultivar aanplanting. Viljoen het gesê dat ‘n voorlopige Hortgro-opname gewys het dat daar in 2023/24 altesaam 3 090 ton kersies geproduseer is.

Hoewel verskeie aspekte van die kersiebedryf rooskleurig lyk, het dié niche bedryf ook verskeie uitdagings.

Dr. Mariana Jooste, het ‘n voordrag gelewer oor kneusing in kersies ( pitting) en hoe dit voorkom kan word. Oppervlakpit/kneusing in kersies is ‘n algemene, maar komplekse probleem wat navorsers probeer om beter te verstaan. Vir jare is aanvaar dat die klein versonke gebiede, of kuile, op die vrugoppervlak hoofsaaklik ‘n na-oes verskynsel was wat tydens verpakking plaasgevind het. Jooste het verduidelik dat daar verskeie redes vir die verskynsel kan wees en het strategieë gedeel om dit te voorkom.

Die kersiebedryf moes ook van dr. Minette Karsten hoor, dat verskeie peste, waaronder stompkopkewer en Drosophila suzukii ‘n bedreiging vir die komende seisoen inhou. Sy het oorsig gegee oor beide peste en praktiese riglyne vir monitering en protokolle.

IMG 7502

Onderskrif: Orinda Gjergji van Unitec en Karien Bezuidenhout.

Vind die onderskeie voordragte in Engels hier:

Foto van links agter: Renate Smit, Mariana Jooste, Hannah Visser, Karien Bezuidenhout en Arno Marais. Voor: Chad van Wyk, Minette Karsten en Karel Vahrmeijer. (Foto: Alisa Farr).

Back To Top