Skip to content
Grant Smuts Anna Mouton2

Tribute to Humble Industry Giant: Grant Smuts

The South African stone fruit industry has lost one of its most dedicated champions with the passing of Grant Smuts, Hortgro Stone Director and esteemed Robertson stone fruit producer. Grant was more than a leader in our sector — he was a builder of people, a steward of excellence, and a tireless advocate for the prosperity of growers across the value chain.

With deep roots in the Robertson region, Grant combined hands-on agricultural experience with strategic vision. His commitment to quality production, sustainable farming practices, and innovation earned him the respect of colleagues, competitors, and the broader fruit industry. Over the years, he received numerous awards and acknowledgements for excellence in stone fruit cultivation and leadership — recognitions he always accepted with characteristic humility. Amongst these, Grant was the recipient of the OSH Reinecke Frontrunner Award in 2022.

Osh 2022
Industry Leader: Grant Smuts, OSH Reinecke Frontrunner Award 2022

At Hortgro Stone and as part of the Hortgro Science Advisory Council, Grant played a crucial role in shaping the industry’s direction. His calm authority, thoughtful decision-making, and steadfast work ethic guided key initiatives, supported producers during difficult seasons, and strengthened the foundation for future growth. He was known for listening intently, speaking with purpose, and always prioritising the industry’s interests.

Beyond his professional achievements, Grant will be remembered for his warmth, integrity, and generosity of spirit. He uplifted those around him, mentored young growers, and inspired many with his passion for agriculture and his genuine care for people.

Grant’s passing leaves a deep void, but his legacy will live on — in the orchards he nurtured, the industry he helped strengthen, and the countless lives he touched.

Our thoughts are with his wife, Christa; his three children, Juan-Ivan, Sean, and Margarite; the rest of the Smuts family; his friends; and all who had the privilege of working alongside him. May his memory be a blessing, and may we honour him by continuing the work he believed in so deeply.

Colleagues and industry friends remember Grant:

Charl Stander, Hortgro Stone Direkteur en vriend: “Die afgelope net meer as 33 jaar was Grant my vriend en ook bedryfskollega. Saam het ons baie paaie gestap en horisonne in die steenvrugbedryf verken. Ons was lank saam betrokke by Hortgro Science Adviesraad, Steenvrugprodusenteraad, Hortgro Stone-direksie, bosberade asook verskeie ander bedryfstrukture. Meeste van die tyd het ons langs mekaar gesit.

“Ek sal Grant onthou vir ’n hele paar uitstaande eienskappe. Sy nederigheid was een van sy sterkte kenmerke. In die 33 jaar wat ek hom geken het, het Grant net drie bakkies gehad! Vir my was hy ’n ware  staatsman van die steenvrugtebedryf. Hy was ’n ‘reus’ wat altyd met kalm, beredeneerd sy mening gelug en na oplossings gesoek het. Almal het geluister wanneer hy op sy kenmerkende rustige manier gepraat het. Vir Grant was die steenvrugtebedryf altyd eerste en nooit eie belang nie. Self in die laaste paar maande  het hy vanaf sy kantoor of huis vergaderings d.m.v. Zoom of Teams bygewoon en verskoning gevra dat hy nie in persoon daar kon wees nie. Probleme , soms uitdagend, waarop nie onmiddelllik oplossings gevind kon word nie, het hy altyd voorgestel:  kom ons dink daaroor en praat môre weer. Grant se goeie mense verhoudings en sy geloof in sy Skepper was kenmerkend van hom.

“’n Groot boom is uit die bos gekap. Die koelte kol wat dit gemaak het, is  waar ons as aardbewoners of in die metafoor bosbewoners indaba gehou het. Dit is nou gevul met ’n kol waar die son skyn. Hierdie sonskynkol is die nalatenskap, of in die Englese taal legacy, wat ons sal onthou en die teelaarde is vir ’n nuwe boom of bome om met die dieselfde waarde- en lewensbeskouing te ontwikkel en te groei. Ons eer Grant se lewe en sy onvergeetbare nalatenskap vir die steenvrugtebedryf.”

Anton Rabe, Hortgro Uitvoerende Direkteur: “Vir my was hy altyd ‘n gentleman, ‘n man met groot wysheid, rustig en kalm. Grant het altyd in die beste belang van die bedryf en sy mede-boere opgetree. Ons gaan hom mis – ’n groot boom het geval. Van die bedryf se kant af, ons innige medelye met Christa en gesin.”

Hortgro Chairman, Nicholas Dicey: “Grant Smuts was a true gentleman and industry statesman. Greeting you with a twinkle in his eye, he brought a calmness to the meetings he attended. Grant was a friend to many, and as a go-to person on industry matters, he was a problem-solver and formidable producer who enjoyed immense respect within the agricultural community. It was an honour and a privilege to share many good and productive times with Grant, who unselfishly served the industry for many years and shared a wealth of knowledge on all the committees he served on.”

Charl Herbst, Hortgro Stone Voorsitter: ” Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van Grant Smuts, ’n gewaardeerde kollega, leier en vriend in die steenvrugbedryf. Grant het vir dekades ’n onmisbare rol gespeel in die ontwikkeling en groei van ons bedryf. As Hortgro Stone raadslid (later vise-voorsitter) en ’n langtermynlid van die navorsingsraad, het hy sy kalm wysheid, gebalanseerde insigte en onwrikbare toewyding gedeel. Grant was nie net ’n kundige nie – hy was ’n brugbouer, ’n mentor en iemand wat altyd die groter prentjie gesien het. Hy het sy familieonderneming tot ’n indrukwekkende agribesigheid uitgebou, maar het nooit die mens agter die bedryf uit die oog verloor nie. Sy passie vir volhoubaarheid, innovasie en samewerking het diep spore getrap. Ons bedryf is armer sonder hom, maar sy nalatenskap sal ons nog lank inspireer. Ons eer sy bydrae en sal sy stem, sy insig en sy menslikheid diep mis.”

Wiehann Steyn, Hortgro Science algemene bestuurder: “Grant het vanaf 2002 op die Hortgro Science Adviesraad  (HSAC) gedien en hy was die voorsitter van die HSAC toe ek in 2011 aangestel is. In sy interaksie met Hortgro Science en op die HSAC was Grant altyd kalm, hoflik en beleefd, ‘n ware gentleman, en ‘n aangename persoon. Hy was wel ter tale en het sy standpunte ferm oorgedra, maar hy het ook goed geluister en het konstruktief deelgeneem aan debatte oor moeilike aangeleenthede. Grant was die persoon wat mens in persoon sou komplimenteer en dankie sê vir wat jy doen. Ek het gevoel dat hy mens raaksien. Grant het beslis geweet wie hy dien en verteenwoodig; steenvrugteprodusente in die Breëriviervallei, steenvrugprodusente in die geheel, en die Suid-Afrikaanse steenvrugbedryf. Daaroor was daar nie enige twyfel nie. Ek het die grootste respek gehad vir die mens wie Grant was.”

Hugh Campbell, previous GM of Hortgro Science: “My overriding memory of Grant was that ‘he was a good man’. He was grounded, interested in you as a person, regardless of your pedigree and was always prepared to contribute. A gem and a friend.”

Hooffoto: Grant Smuts in sy boord (Foto: Anna Mouton)

Read the gripping story of Grant and his legacy here: https://www.hortgro.co.za/industry-news/brothers-in-farms/

and as recipient of the OSH Reinecke Frontrunner Award in 2022: https://www.hortgro.co.za/news/osh-reinecke-frontrunner-award-2022-grant-smuts/

Back To Top