Die 2021-kernvrugseisoen in kort
Hoogtepunte uit vier produksie-areas deur Anna Mouton
Met die laaste appels wat tans gepluk word, is dit ‘n goeie tyd om oorsig oor die kernvrugseisoen te kry. Ons het gaan kersopsteek by die bedryf in Ceres, Elgin-Grabouw-Vyeboom-Villiersdorp, die Langkloof, en Wolseley-Tulbagh.
’n Goeie jaar vir die hele Ceres
“Ons het ’n baie uitgerekte blomtyd gehad as gevolg van te min winterkoue,” sê De Kock Hamman, tegniese raadgewer by Ceres Fruit Growers, “en dit het veroorsaak dat daar nou, met die oesproses, baie verskillende generasies vrugte aan ’n boom sit.”
Die gebrek aan voldoende winterkoue het ook die uitdun van vrugte moeilik gemaak. Hamman verduidelik dat hulle tot drie appels aan ’n tros moes los om genoegsame tonne te oes. “Dan sit jy weer later met ’n probleem, soos nou met die Pink Ladies, dat die appels kry nie almal sonlig nie, en kleur nie so goed nie. En met oestyd is dit baie makliker om net een appel te pluk.”
Alhoewel die jaar so tien dae laat begin het, het die later kultivars op hulle normale tyd ryp geword. Dit het die produsente en die pakhuise onder druk geplaas.
“Ons infrastruktuur het maar swaar getrek, die kratte en koelkamers, en selfs die produsente se infrastruktuur op die plase. Die ouens het maar gesukkel om genoeg mense te kry om die groot oes af te haal,” vertel Hamman. Gelukkig het COVID nie sy kop uitgesteek nie.
Ten spyte van die uitdagings, skat Hamman dat hulle ongeveer 10% meer vrugte ingeneem het as verlede jaar. “Dis nou vrugte wat in ’n karton gepak word vir die varsmark — ek sluit nie sapgraadvrugte hierby in nie.”
Sover lyk die houvermoë van die vrugte uitstekend. “Veral die Gala-tipes en die Jazz appels, hulle pak fantasties uit,” sê Hamman. Hy het wel sonbrand opgemerk op van die vrugte, en skryf dit toe aan uiterste warm dae, veral in die Warm Bokkeveld. “Ek sien baie bitterpit ook vanjaar by van die variëteite.”
Hamman is dankbaar vir die wonderlike plukweer wat hulle geniet, maar hy is bekommerd oor die uitwerking van nog ’n laat winter. Wat betref die seisoen wat tot ’n einde kom, is hy egter baie tevrede. “’n Goeie jaar vir ons boere beteken ’n goeie jaar vir die hele Ceres-gemeenskap.”
Die Langkloof loop deur onder hael
“Die afgelope seisoen het maar sy uitdagings gehad met haelskade,” sê Johan Kotze, Oos-Kaap direkteur van Dutoit Agri. Meeste areas in die Langkloof is tussen Desember verlede jaar en middel-Mei op een of ander stadium deur hael geaffekteer.
“Daar’s areas wat op hulle totale oes 50%–70% skade gehad het, en dan’s daar areas wat rondom 30%–50% skade gehad het. Dit was ’n bietjie van ’n moeilike jaar vir die omgewing.”
Aan die positiewe kant het die Langkloof lanklaas ’n COVID-geval gehad. “Ons het eintlik relatief gemaklik deur die afgelope seisoen gekom, en vir oestyd was ons baie geseënd gewees.”
Oesvolumes was soortgelyk aan verlede jaar, met enkele uitsonderings. “Ons het in sekere areas, veral op appels, ’n swakker set gehad as wat ons verwag het,” sê Kotze. “Op party plekke het ek gevoel dat die bome miskien te vinnig gevorder het van beginblom tot volblom.”
Alhoewel dit voordelig is wanneer blomtyd kort is, is daar minder kans vir bestuiwing – enige dae wat die bye nie kan werk nie het ’n groter impak, verduidelik Kotze. Daarby kan die magdom blomme moontlik die bome se reserwes uitput.
Die uitblinker kultivar vir die seisoen was Packham-pere. “Die Packhams het vir my uitgestaan in terme van vrugkwaliteit,” rapporteer Kotze. Die Forelle-oes was naastenby dieselfde as die vorige twee jare, met goeie vruggroottes en vrugkleur, terwyl vruggroottes op die vroeë Bon Chrétiens beter was as die vorige jaar.
Die vroeë appelkultivars, insluitende Fuji, het ook goed gekleur, danksy matige temperature in die eerste kwartaal. “Aprilmaand het ons ’n paar hittegolwe gehad wat ’n bietjie sonbrand-skade op die Pink Ladies en die Cripps Red veroorsaak het, en die kleur negatief beïnvloed het.”
Alhoewel die Langkloof se vrugte deur Coega uitgevoer word, het die Oos-Kaap ook logistieke probleme ervaar. “Die houer-tekort het maar sy angel hier ook ingesteek,” sê Kotze.
A big crop for Elgin-Grabouw-Vyeboom-Villiersdorp
“This year we had a really big crop and fantastic fruit size for what we consider the norm in our area,” says Keith Bradley, general manager of agri-services at Fruitways Farming. “If I take the basket of all pears, we’re up 8% on the pear crop, and, if all goes according to plan, apples will be up 19% on last year.”
With the harvest of Cripps Pink and Cripps Red still to be completed, a few days of cold weather in early May was welcome, even though picking was disrupted. “It’s really assisted in the colour development,” comments Bradley. “And if you have two fruit hanging next to each other, the one that meets the colour standard is worth three times that of the one that doesn’t.”
Pears account for about 15% of their volume, compared to 85% apples. “Our biggest pear variety is Packham, which had an unbelievable crop, 28% up from the previous year. We had the cleanest pears, and fantastic pack-outs — it’s been one of the best Packham crops on record.”
Forelle is their second biggest pear cultivar. Unfortunately, the strong winds in March came at the worst possible time for Forelle. “They were literally at the cusp of harvesting, and they drop easily,” says Bradley. The winds literally blew the fruit off the trees, leading to a 34% drop in volume compared to last year.
According to Bradley, the whole growing season was ideal, culminating in a long picking window. “Even with this big crop, our fruit size and quality have been very good, so the pack-outs have been higher than normal.”
When pressed to choose a negative for the season, Bradley names the exchange rate. Last year, during the initial outbreak of COVID, the weak rand favoured exporters. “It’s difficult for marketers to return the same income to growers back on a bin-by-bin basis when you’ve had this strengthening of the rand. But more bins per hectare, and the better pack-outs, will hopefully make up for the shortfall of the currency against last year.”
Packhams presteer in Wolseley-Tulbagh
“Die ster op die oomblik by ons groep is Packhams,” sê Christo Strydom, algemene bestuurder van Wolfpack. Wolfpack verpak slegs pere, en Packham-pere is ongeveer 44% van hulle oesvolume.
“Ons het amper 25% meer Packhams geoes, en die uitpakke is ongeveer 15% beter, as verlede jaar,” berig Strydom. Verlede jaar se Packham-uitpakke is benadeel deur netagtige verruwing wat deur ongunstige weer ná blom veroorsaak is. Hierdie jaar was dit die Bon Chrétiens se beurt vir netagtige verruwing. “Nie ’n goeie oes nie, want baie van die vrugte het kosmeties nie mooi gelyk nie. Hulle was natuurlik wel geskik vir verwerking.”
Netagtige verruwing in Bon Chrétien-pere was nie uniek aan Wolseley-Tulbagh nie. Meeste produksie-areas is geaffekteer.
Die tweede belangrikste peerkultivar vir die area is Forelle. “Daar het ons definitief bietjie minder vrugte as verlede jaar geoes, maar ons het blomtyd al gesien die Forelle bome het baie swak geblom,” sê Strydom. “Alhoewel Forelle ’n laer koue-behoefte het, dink ek hy word partykeer meer geaffekteer deur ’n warm herfs as party ander kultivars.” Beide Cheeky en Rosemary het meer windskaafmerke as wenslik gehad, maar die volume van die Cheeky-oes was meer as verlede jaar. Abate Fetel het ’n baie mooi oes gelewer, veral in vergelyking met verlede jaar, wat ’n afjaar was.
“In totaal, in ons area, vir ons groep, is ons peer-oes so 10% meer as verlede jaar,” sê Strydom. “Kartonne is moeilik om te sê want ons het nog maar net die helfte van die oes gepak, maar ons skatting is dat dit gaan so 12% meer wees as verlede jaar.” Die grootste bekommernis, synde Strydom, was kapasiteit van kratte en koelkamers. “Ons probleem was, waar gaan jy genoeg kratte en koelkamers kry? Wat mos nou vir jou sê daar’s ’n goeie oes.”
Foto: Langkloof vrugteproduksie. (Gerrit Rautenbach)