Skip to content
Collage Web

CHRIS KRONE LEI PRUIMEDANTE WêRELD

‘n Bekende in landboukringe, Chris Krone, is tydens die 17de Kongres van die Internasionale Pruimedante-vereniging, in Villeneuve Sur Lot, Frankryk, as die nuwe president van die vereniging verkies.  Krone, van Tulbagh, sal in die posisie leiding neem tot en met die volgende kongres wat aan die einde van 2019 in Suid-Afrika plaasvind.

Benewens die algemene werk van die vereniging wat bestaan uit al die groot pruimedant-produserende lande, dryf Krone ook ’n navorsingsprojek oor die vernuwingseffek wat pruimedante op beendigtheid het.  Die navorsing het ten doel om te bewys dat pruimedante heupfrakture by ouer mense kan voorkom of verminder.  Laboratorium-eksperimente op rotte en muise het reeds bewys dat ’n dieet met pruimedante beendigtheid bevorder.

Kliniese proewe word tans op ‘n geselekteerde groep mense gedoen om die bevindinge te staaf. Die inligting sal dan voorts in publikasies en promosies gebruik kan word.  Die bevordering van beendigtheid is ’n bykomende gesondheidsvoordeel van pruimedante, wat ook ‘n gesonde spysverteringstelsel en hart bevorder.

Krone het in sy aanvaardingstoespraak gesê pruimedante behoort ’n integrale deel van enige gesonde dieet uit te maak.

Back To Top