Cliffhanger finish for pome fruit season
The technical production story of the recent pome fruit season concluded with a fairly happy ending given plot twists such as extreme weather events, “reliable” cultivars underperforming, and a global pandemic that almost single-handedly disrupted the fruit value chain. Despite the coronavirus cliffhanger finish, the fruit reached packhouses just in time.
Hortgro asked four regional technical experts to share their views on the past season.
By Elise-Marie Steenkamp
EGVV
Fruitways General Manager for Agri Services, Keith Bradley, gave his review of the 2019/20 pome season in the EGVV region.
“The weather patterns for the past production season in the EGVV region were relatively normal, except for some unusual conditions in October last year.
“In October we had a week of extremely high temperatures that was abnormal for that time of the year, which coincided with the ideal chemical thinning application window, resulting in many growers delaying or cancelling applications. The ‘hot week’ was then followed by a week of continuous rainfall which of course led to a high potential for apple scab (fusi) infection.”
According to Bradley the rest of the summer was fairly mild and predictable, until week 11 to 13 during late March of this year. “The cultivars we were harvesting in this period such as Fuji’s, Grannies, Braeburns, and even early Pink Lady’s incurred a higher than normal incidence of sunburn. We were puzzled about the sunburn, as the temperatures were not extremely high.”
In general, the fruit appearance has been scruffier than previous seasons, Bradley said. “We had more russeting on Packham pears and also on some of the apple varieties, which has resulted in lower Class.1 packouts than the average of the previous five years. Russeting, rub marks and sunburn have been the main issues, while internal quality has been good so far.
“Volume-wise it was a fairly normal season, although some of the older trees (specifically, Granny Smith and Golden Delicious) let us down with lower than average tonnages. That was very disappointing.”
According to Bradley, the coronavirus had some impact on the production process. “We certainly had to adapt quickly to regulations and protocols for workers. Specifically, the transport was a challenge – as we had to double up on transport for workers to accommodate social distancing. We had to train workers and implement new rules at rapid speed, fortunately, everybody pulled together and we managed to get the harvest into the packhouses on time.
“Despite some remaining challenges with the shipping of fruit to export destinations, I would say that our industry still has a positive outlook. We have so far been fortunate, compared to many other industries,” he said.
LANGKLOOF
Die Langkloof het, sedert ons hier is, die warmste winter die afgelope vyftien jaar gehad, vertel Johan Kotze, Dutoit Agri Direkteur Oos-Kaap.
“Vertraagde bot simptome was veral op die jonger bome se leiers sigbaar, wat stadig weggetrek het en ons met baie kaalnekke laat opeindig het.
Groeipunte wat nie goed voor die winter afgehard het nie, het baie brand simptome van rusbreekmiddels getoon. Hittegolwe wat deur koue opgevolg is gedurende die rusbreekperiode het besluite oor toediening van rusbreekmiddels bemoeilik.”
Volgens Kotze het die warm winter definitief sy merk op kleiner vrugte gelaat. “Vrugte was minstens ‘n telling of twee kleiner as in vorige jare. Daar was ook meer russet as waaraan ons normaalweg gewoond is.”
Kotze meen verder dat die droogte nog nie gebreek is nie. “Ons ervaar tans die vyfde jaar van ondergemiddelde reënval. Die afgelope siesoen het ons tussen 15% tot 60% van ons normale afloop water gekry. Area’s moes droogtebestuurprogramme volg om deur die seisoen te kom.”
Die hittegolwe gedurende end Oktober het chemiese uitdunning bemoeilik en ekstra moeite moes gemaak word met handuitdun. Sonbrand was ‘n kwessie op Fuji en Grannies weens hittegolftoestande gedurende Februarie en Maart. Dit ten spyt, het die vrugte oor die algemeen goed gekleur. Die Langkloof het ‘n gemiddelde tot effens beter as gemiddelde oes gehad. Ten spyte van kleiner vrugte.
Ons het enkele geïsoleerde gevalle van Covid-19 gehad. Ons kon nog maklik oes, vrugte insamel en gemaklik pak. Ek dink wel ons probleme is nog op pad. Protokolle soos voorgeskryf is geïmplementeer en word streng bestuur. Volgens Kotze doen die bedryf baie moeite met opleiding, en bewusmaking van Covid-19 onder die werkers.
WOLSELEY-STREEK
Christo Strydom, hoofbestuurder van Wolseley Fruit Packers, meen uit ‘n klimaatsoogpunt het die winter nie genoeg goeie koue vir sekere kultivars, soos Forelle, gebring nie.
“Ons het ‘n vertraagde en uitgerekte botperiode beleef wat nie omgesit het in goeie blom nie. Oor water kon ons nie kla nie. Ons het genoeg water gehad, ook om na oes te besproei. Die ysreën wat in sekere dele vroeg lente geval het, het wel skade veroorsaak. Veral Packhams het deurgeloop,” meen hy. En wat wind aanbetref het die streek normale toestande beleef.
Indien mens na oesvolumes kyk, meen Strydom, was daar ‘n ligter oes as vorige jare. “Veral sekere somerkultivars soos William’s Bon Chretien, Rosemarie en Cheeky was effe ‘af’. Die kultivar wat egter die meeste teleurgestel het, was Abate Fetel. Vergeleke met die 2019 seisoen het ons tot 60% minder geoes. Maar ek verneem dit was in ander streke ook so.”
Ten spyte van die ysreën het Packhams ‘n mooi oes opgelewer. “Ons het hoër oesvolumes met mooi vruggroottes gehad. Dit teenoor 2019 se teleurstellende oes, toe ‘n hittegolf die vorige jaar tot min en oorgrootvrugte (“kinderkoppe”) veroorsaak het.
“Forelle het ook goed gevaar met goeie oesvolumes en normale grootte vrugte, dit ten spyte van die moeilike blomtyd.”
Volgens Strydom was hulle gelukkig dat feitlik alle oes-aktiwiteite reeds klaar was, toe Covid-19 se grendeltyd die wêreld onderstebo gekeer het. “Ek glo daar is ander pakhuise wat dalk probleme gehad het, maar dit het by ons geen effek op insameling van die oes gehad nie.”
CERES
De Kock Hamman, tegniese adviseur van Ceres Fruit Growers, meen die vroeë hittegolf (in September) het pere in die Ceres-area baie swak laat set.
“Veral die Wiliams Bon Chretien pere was een van die ligste oeste wat ek kan onthou. Die kwaliteit en houvermoë van pere is oor die algemeen goed, met net ‘n bietjie windskaaf- en ysreën merke.
“Met die warm toestande was die peer-oes sowat veertien dae vroeër en die vruggrootte ongelukkig een tot twee tellings kleiner as in die 2019 seisoen.”
Saam met die kleiner pere was die oes ook sowat 5% ligter as skatting. “Dit was ‘n teleurstelling,” meen Hamman, veral omdat daar vanjaar so ‘n goeie vraag na pere in die uitvoermark was. “Tesame met ‘n wisselkoers in ons guns kan die produsente uitsien na ‘n baie goeie peer uitvoerseisoen.”
Vroeë hael/ysreën in Oktober 2019 en toe weer hael laat in Februarie 2020 het baie skade berokken in Ceres en die Witzenberg-Vallei. Die verwagte groot appel-oes is afgeskaal na die van ‘normaal’ en het terselfdertyd die sapfabrieke onder druk geplaas met groot volumes vrugte wat verwerk moes word. Nogtans was die appel-oes so 8% beter as skatting. Veral volrooi appels is terug by geskatte verwagting, ná 2019 se ‘ligte’ seisoen.
Volgens Hamman was plae en siektes goed onder beheer met die uitsondering van stinkluis, bloedluis en kalander in sekere areas. Kalsium-verwante kwale soos bitterpit en lentisel-verval het op sekere variëteite ( Panorama’s, Golden’s, Kanzi en Braeburn-tipes) voorgekom. Haelmerke op vrugte het veroorsaak dat minder appels uitgevoer en meer binnelands bemark moes word. Sonbrand het ook baie skade op appels berokken. Veral Sundowners het tot soveel as 30% sonbrandskade gehad. Gevolglik is die vrugte direk uit die boord na die sapfabriek gestuur, verduidelik hy.
Volgens Hamman was die vrugtevlieg-beheer strategie deur FruitFly Africa in Ceres baie goed, met byna geen vrugtevlieg besmetting in vrugte nie.
“Die afgelope seisoen het ons ook genoeg water gehad, met selfs hier en daar oordrag-vooraad vir die 2021 seisoen.”
Covid-19 het aanvanklik die hele Ceres-gemeenskap swaar getref, maar volgens Hamman het almal saam gewerk en alles in plek gekry om die oes betyds af te haal en in die pakhuise te kry.
“Daar lê egter ‘n uitdagende appelseisoen voor vir bemarkers en pakhuise met meer appels wat op die vol binnelandse mark vir goeie pryse gaan kompeteer. Die wisselkoers tel in ons guns vir die uitvoermark, maar daar is te veel invloede van buite wat appelpryse terug plaas toe onder druk gaan sit.”